Werking van die kweekhuiseffek
Author: terhubung // Category:
Die temperatuur van die aardoppervlak word bepaal deur 'n ewewig van 'n aantal faktore.
Faktore wat warmte toevoeg is:
Die bydrae van sonlig en die afnemende uitstralingshitte is op 'n ingewikkelde manier afhanklik van 'n aantal omstandighede:
Faktore wat warmte toevoeg is:
- straling van die son wat nie dadelik teruggekaats word nie;
- interne verhitting van die Aarde.
- verdamping van water;
- konveksie en
- infrarooibestraling van die aardoppervlak na die heelal (uitstraling), volgens die Wet van Stefan-Boltzmann.
Die bydrae van sonlig en die afnemende uitstralingshitte is op 'n ingewikkelde manier afhanklik van 'n aantal omstandighede:
- Ys en sneeu verminder die hoeveelheid geabsorbeerde sonstraling en verminder ook die uitstraling.
- Wolke weerkaats sonlig terug, maar verhinder uitstraling.
- Kweekhuisgasse absorbeer straling uit beide rigtings, wat resulteer in verminderde uitstraling.
- Fyn stof in die lug weerkaats veral sigbare lig en verminder dus uiteindelik die opwarming deur die son; bowendien vergemaklik dit die vorming van wolke.
- Sommige stowwe (soos roet) veroorsaak dat wolke minder weerkaats, terwyl ander stowwe (soos swaweldioksied) dit juis laat toeneem.